Aflewerings en Terugstuurbeleid

Betalingopsies vir Kaart Betalings en Bank Betalings is aanlyn beskikbaar.

 

AFLEWERINGSKOSTE

Gratis aflewering van aankope oor R600! Deur aflewering waar 'n straatnaam en nommer beskikbaar is, alternatiewelik na die naaste Pudo boks.

R30 - Pudo koerier dienste maak afhaal van pakkies by u naaste Pudo-boks goedkoop en gerieflik. Bevestig eers dat daar 'n Pudo-boks naby u is. www.Pudo.co.za. Ons sal die naaste beskikbare Pudo-boks aan die adres wat u voorsien gebruik. Aflewering neem gewoonlik 1-3 werksdae.

R50 - Deur aflewering deur 'n koerier. Hierdie aflewering is slegs beskikbaar na liggings met 'n straatnaam en nommer. Geen plase. Aflewering neem gewoonlik 1-3 werksdae.

U sal u Track-and-Trace nommer per epos ontvang nadat u pakkie versend is.

Plaasbul maak van onafhanklike koeriers gebruik. Indien deur aflewering nie by u adres moontlik is nie sal Plaasbul van 'n Pudo aflewering gebruik maak.

Koerierdienste na ander lande is nognie op ons webtuiste ingesluit nie.

 

TERUGSTUURBELEID

Indien u nie 100% tevrede is met enige Plaasbul item(s) nie mag u dit binne 14 dae na betaling aan ons terug besorg vir 'n volledige terugbetaling van die koste van die items. U kan ook items omruil vir 'n ander grootte of item.

As gevolg van swak diens haal ons geen pakkies by Postnet of by die Poskantoor af nie.

Opsie A - Koste van ongeveer R50. Stuur die item(s) met Pudo (www.Pudo.co.za) na: Plaasbul, Pudo-boks te Courier Guy Brits, 28 van Velden Straat, Brits, 0250, Noord-Wes. Tel: 082 408 8655. Belangrik: Stuur 'n epos met die Pudo opvolg inligting na: winkel@plaasbul.co.za.

Opsie B - Stuur die item(s) per koerier van u keuse na: Plaasbul, 35 Harringtonstraat, Brits, 0250, Noord-Wes. Tel: 012 262 0576. Epos: winkel@plaasbul.co.za.

Sluit 'n afskrif van u bestel vorm en volledige versoek by u pakkie in. Stuur ook asb 'n Epos na: winkel@plaasbul.co.za met u volledige versoek en bevestig u wyse van terugstuur.

Die etiket mag nie verwyder wees nie, u mag ook nie die item(s) gedra of gewas het nie en dit moet in die oorspronklike kondisie en verpakking wees.

In geval van foutiewe item(s) en vervaardigingsfoute sal Plaasbul die koste van die koerier aan u vergoed wanneer die item(s) ontvang word. U is verantwoordelik vir die terugsendingskoste weens enige ander rede.

Die terugbetaling sal geskiet binne 3 dae nadat die item(s) ontvang is. Items wat omgeruil word sal ook binne 3 dae na ontvangs deur middel van Pudo aan u gestuur word op die koste van Plaasbul.

Geen bestelling wat reeds verpak en/of versend is kan gekanselleer word nie aangesien daar geen manier is om dan die pakkie terug te kry nie. Volg asb die terugstuurbeleid wanneer u die bestelling ontvang.

Handel met Plaasbul is uitsluitlik volgens die terme en voorwaardes van Plaasbul soos uiteengesit op ons webblad.